HantamNet Tuisblad
 

English Version

CompuLab
News24
Join HantamNet

Pam Golding Property
PCN Group
Polygraph
Rens Security
Security Co.Za.

Sherlotronics
Orion Business
Synch cc
Zero-One-X
2Unlimited

Aha! Search
Ananzi Search
Jump SA Focus
Max News & Chat
SouthAfrica.com

South African Online
Think South Africa
Win4Win
WoYaa!
Allrand Comm Prop

Welkom . . .

HantamNet bied wêreldgehalte bekostigbare internet aansluiting en gasheer pakette op van die mees gevorderde Linux en IIS bedieners in Suid Afrika.

By HantamNet onderhou ons self al die toerusting en ons koop of huur glad nie gasheer spasie van enige ander internet maatskappy nie. Die voordele daaraan verbonde om gasheer dienste verkry vanaf 'n maatskappy wat sy eie toerusting en lyne versorg, is veelvuldig en kan gesien word in die hoë vlakke van tevredenheid by ons huidige kliënte omdat hulle weet dat HantamNet hulle kan voorsien van wat hulle wil hê, wanneer hulle dit wil hê.

Gedurende die keuringsproses van 'n gasheer maatskappy is dit belangrik om seker te maak dat hulle volle kontrole het oor die sisteme waarop u webwerf gehou sal word. Indien dit nie die geval is nie, sal u, die kliënt en u besigheid, op die lange duur daaronder ly. Sou hulle slegs 'n middelman tussen u en die gasheer maatskappy wees, mag dit partykeer dae neem voordat daar na u probleem omgesien word.

HantamNet is aanhoudend besig om sy kliënte van die nuutste en beste in internet tegnologie te voorsien. HantamNet se netwerk gebruik gaan feitlik nooit oor 60% nie, wat verseker dat ons kliëente die vinnigste konneksies en oordrag spoed beskikbaar het, met beperking van u modem spoed natuurlik. Met hoë spoed digitale lyne wat verskeie diensverskaffers en internet skakelings verbind, het HantamNet Suid Afrika en die wêreld om u te bied met ons konnektiwiteit.

HantamNet se passie vir die internet en die rekenaar wêreld is nie uniek nie, maar ons toewyding aan ons kliënte is redelik ongewoon, en die veelvuldige e-pos boodskappe wat ons daagliks hieroor ontvang is getuie daarvan. Ons hoë vlakke van diens en professionalisme is ons sterkste punte.