HantamNet Maatskappy Beleid
 

English Version

CompuLab
News24
Join HantamNet

SA Internet Gateway
TecLeo Data Recovery
SA Web-Chart
SADC : South Africa
Intervid

HJN Training
Intellibars
Master Guard
Gliondrach House
CentuComp

Compu-Realm
Euro Africa Web
Independent IT
The Notebook Shop
South African Online

PP Media
Riso Printers
Secuplus
Move
Sapoa Online

Maatskappy Beleid

ONTOELAATBARE PRAKTYKE

Die handeling van uitstuur of uitsaai van ongevraagde of verbode advertensie/e-pos of verbode Usenet boodskappe terwyl HantamNet se bedieners gebruik word, word hiermee ten sterkste verbied. Enige sodanige handeling (ook algemeen bekend as "SPAM") sal tot gevolg hê dat die betrokke rekening terstond gesluit sal word sonder enige waarskuwing of kennisgewing. Die betrokke klient sal ook verantwoordelik gehou word vir enige skadevergoeding wat HantamNet mag toekom - monetêr sowel as vir verlies in reputasie.

Die gebruik van HantamNet se dienste en/of bedieners om sodanige boodskappe of pos te stuur is, insluitend maar nie beperk to e-posbusse, Internet bladsye, en auto-respondeerders, sal genoegsame gronde wees vir onmiddelike sluiting van die betrokke rekening.

HantamNet weier om deel te wees van hierdie skadelike handeling. Dit is onsmaaklik en word oor die algemeen afgekeur deur internet verbruikers. Sodanige misbruike sal derhalwe nie toegelaat word nie.

DIENS KONTRAK

HantamNet is 'n Internet Teenwoordigheid Verskaffer. Kliente wat van ons dienste gebruik maak is derhalwe onderworpe aan die reëls en regulasies soos hierin uiteengesit word. Vervolgens erken die verbruiker/rekening operateur dat deur gebruik te maak van HantamNet se bedieners/inskakel in die netwerk, op enige manier sal beskou word as erkenning dat u hierdie dokument gelees, verstaan en daarmee akkoord gaan. U onderneem voorts om deur hierdie dokument gebind te word. Indien u nie wens om hierdeur gebonde te wees nie, mag u nie van HantamNet se dienste, bedieners en lyne gebruik maak nie.

1. VERBRUIKER/KLIENT GEDRAG

HantamNet se dienste mag slegs aangewend word binne die perke van die wet. Enige gebruik/misbruik van hierdie dienste wat nie binne die raamwerk van die wet val nie, hetsy plaaslike ordonansies, staatlik, federaal of internasionaal wat mag betrekking hê op HantamNet, u plaaslike jurisdiksie, of enige ander jurisdiksie wat oor u of u webblad mag betrekking hê word streng verbied.

Gedurende gebruik van hierdie dienste mag u nie;

  1. Enige ander verbruiker beperk of verhoed om die internet te gebruik nie.
  2. Pos of uitsaai van enige onwettige, dreigende, beledigende, lasterlike, afbrekende, obsene, onsedelike, pornografiese, skandalige of enige ander aanstootlike informasie van watter aard ookal, insluitend maar nie beperk tot gedrag wat krimineel is of wat kriminele gadrag bevorder of wat 'n beskou word as 'n kriminele oortreding of wat 'n siviele eis tot gevolg mag hê, of anders enige nasionale of internasionale wette, insluitend maar nie beperk tot wette wat intelektuele eiendom insluitend kopiereg, handelsmerk, bedryfsgeheime en bedrog reguleer.
  3. Doelbewus pos, publiseer, uitsaai, herproduseer of verspreiding van enige inligting of sagteware wat 'n virus of enige skadelike komponent bevat;

2. KOSTES

  1. Verbruikerskoste sal bereken word in ooreenstemming met HantamNet se Toegang Skedule, en mag wissel van tyd tot tyd..
  2. Die koste verbonde aan die verbruiker se reg om van die diens gebruik te maak op 'n maandelikse basis is gebaseer op 'n maandelikse fooi wat vooruit betaalbaar is aan HantamNet. 'n Geldige debietorder moet aan HantamNet verskaf word binne 7 dae nadat die diens aangevra is. Versuim om hieraan gehoor te gee sal onmiddelike opskorting van die diens tot gevolg hê.
  3. Die koste verbonde aan die verbruiker se reg om van die diens gebruik te maak op 'n jaarlikse basis is ten volle vooruit betaalbaar deur die verbruiker binne 21 dae nadat die diens aangevra is. Indien die verbruiker sou besluit om nie meer van die diens gebruik te maak ter enige tyd gedurende die verloop van die dienstydperk, sal daar 'n pro-rata terugbetaling gemaak word, gebaseer op ongebruikte tyd.
  4. HantamNet behou die reg voor om die koste van diens van tyd tot tyd aan te pas volgens eie diskresie.
  5. Dit is HantamNet se voorwaarde dat dienste slegs in werking sal tree op die basis dat 'n geldige debietorder op 'n bankrekening of 'n krediet kaart rekening verskaf word.
  6. 'n Ongeldige debiet order of 'n debiet order wat deur die verbruiker se bankiers van die hand gewys is sal tot gevolg hê dat 'n verdere hanteringsfooi van R20-00 (twintig rand) by die verbruiker se rekening gevoeg word, en die totale uitstaande bedrag sal onmiddelik betaalbaar wees om diensopskorting te vermay.

3. DIENS OPSKORTING

Hierdie ooreenkoms sal onbeperk van krag bly, en sal slegs ten einde loop nadat een kalender maand verstryk het, volgend op geskrewe kennisgewing deur enige van die betrokke partye.

4. ONSKADELIKSTELLING

Die verbruiker stem hiermee in om HantamNet te verdedig, onskadelik te stel en nie verantwoordelik te hou vir enige en alle skade, boetes, verliese, uitgawes, prokureurskostes, regsaksies of enige eise veroorsaak of voortspruitend uit direkte of indirekte gevolge van gebruik van die diens waar die skade gely word hetsy deur die verbruiker of enige ander party of partye sonder enige beperking of uitsluiting. Hierdie onskadelikstelling ooreenkoms geld vir alle sake rakend die verbruiker se rekening, insluitend, maar nie beperk tot keuse van 'Domain" naam en tuisblad inhoud.

5. WEIERING OF OPSKORTING VAN DIENS

HantamNet behou die reg voor om diens te weier of permanent op te skort aan enigiemand wat volgens HantamNet se diskresie geregverdig word. HantamNet mag diens weier of gedeeltelik of permanent opskort as daar enige gronde bestaan dat die verbruiker enige van die voorwaardes van hierdie ooreenkoms oortree of misbruik. HantamNet sal geen verantwoordelikheid hê om derde party verskaffers van dienste, verkoopsware of informasie in kennis te stel van opskorting en/of diensweiering nie.

Die verbruiker stem verder daartoe in dat HantamNet die reg het om van tyd tot tyd die diens elektronies te monitor en om enige informasie soos nodig aan owerhede te verskaf of om HantamNet as entiteit of sy verbruikers te beskerm

HantamNet behou die reg voor om enigee materiaal op sy bedieners te hê of om sodanige materiaal gedeeltelik of in geheel van sy bedieners te verwyder teen HantamNet se diskressie waar sodainge materiaal as vulgêr, onaanvaarbaar, onsmaaklik of teenstrydig is met hierdie ooreenkoms.

6. WAARBORGE

HantamNet lewer geen waarborge of beloftes van enige aard oor die diens wat aangebied word nie. Die diens word verskaf op 'n "soos ontvang quot; en "soos beskikbaar" basis sonder enige waarborge van enige aard, hetsy pertinent of geïmpliseerd, insluitend maar nie beperk tot waarborge van titelaktes, nie-inmenging, of geïmpliseerde waarborge van handelbaarheid of geskiktheid vir enige spesifieke doel. Geen advies of informasie gegee deur HantamNet of sy agente of werknemers sal enige waarborg tot gevolge hê nie. HantamNet voorsien geen waarborg dat die diens ononderbroke sal wees, ook nie dat dit foutloos sal wees, of dat enige informasie, sagteware of ander materiaal wat beskikbaar is vanaf HantamNet vry van virusse of ander skadelike komponente is nie. Onder geen omstandighede sal HantamNet verantwoordelikheid aanvaar vir enige direkte of indirekte, spesiale, strawwende of gevolglike skade wat mag voortspruit uit enige manier van gebruik of onvermoë om te gebruik, enige diens of onvermoë deur enige derde party om u web spasie of tuisblad te gebruik, of om die internet of gedeelte daarvan te gebruik, of u of enige derde party se afhanklikheid aan of gebruik van inligting, dienste, of handelsware daargestel as deel van die diens, of wat voortspruit uit foute, weglatings, onderbrekings, uitwissing van lêers, defekte, vertraging in lewering van diens of transmissie, of enige tekortkoming in dienslewering. Sou u steeds nie gelukkig wees met HantamNet se diens of enige van hierdie terme, voorwaardes, reëls, regulasies, riglyne of gebruike, is u enigste uitweg en regstelling om op te hou om van HantamNet se diens gebruik te maak.

U erken hiermee dat u verstaan dat deur informasie op HantaNet se bedieners te plaas, dat sodanige informasie beskikbaar word aan alle internet verbruikers en dat HantamNet geen manier implimenteer om toegang tot enige informasie te beperk of te weier nie. HantamNet sal ook nie poog om enige inligting te beskerm teen kopiereg misbruike nie. U, die verbruiker, aanvaar totale verantwoordelikheid en risiko vir u gebruik van HantamNet se bedieners en die internet. Dit is die verbruiker se eie plig en verantwoordelikheid om akuraatheid, volledigheid en bruikbaarheid van alle opinies, advies, dienste en enige ander informasie, kwaliteit en verhandelbaarheid van enige en alle produkte aangebied deur HantamNet of die internet in die algemeen self te evalueer.

7. IDENTIFIKASIE INFORMASIE

U, die verbruiker, stem hiermee in as die persoon wettiglik verantwoordelik vir u rekening, om HantamNet te voorsien van 'n wettige en huidige naam en van, posadres en telefoonnommer vir ons rekords, en dat u 'n lopende verantwoordelikheid het om die inligting op datum te hou. U stem ook hiermee in dat u die gemagtigde gebruiker is van enige kredietkaart wat u ookal aan ons mag verskaf, en dat HantamNet die reg het om enige moontlike bedrieglike gebruik van 'n kredietkaart ten volle mag ondersoek, en indien nodig die owerhede van ons bevindinge in kennis mag stel.

8. GEEN INMENGING MET BEDIENERS OF SISTEME

U stem hiermee in om nie kwaadwillig of wetens sal inmeng met die behoorlike bedryf van enige sisteme of bedieners, insluitend maar nie beperk tot verydeling van identifikasie prosedures, verkryging van toegang verder as waarop u geregtig is, en beperking van beskikbaarheid, betroubaarheid, of beperking van kwaliteit van diens vir ander verbruikers en/of kliënte. U stem verder in dat u nie sal inmeng met die behoorlike werking van enige sisteme toeganklik vanaf die internet, insluitend enige pogings tot onwettige toegang. U stem in om die Aanvaarde Gebruiksvoorwaardes van enige netwerk en/of diens waaraan u mag koppel streng na te kom.

U stem in om uself te bind aan sisteem gebruike soos deur HantamNet op hierdie webblad publiseer word van tyd tot tyd, insluitend beperkings op beskikbare dienste vir elke rekening tipe, beperkings op sekere aspekte, en alle ander reëls wat ontwerp is spesifiek vir die beskerming van die kwaliteit en betroubaarheid van diens verskaf deur HantamNet. U stem in om in die toekoms hou by enige en alle toekomstige veranderinge aan hierdie en soortgelyke dokumente soos gewysig deur HantamNet.

8. SEKURITEIT

U stem in dat die sekuriteit van u rekening u eie verantwoordelikheid is. U stem verder in dat indien u van mening is dat die sekuriteit van u rekening oorbrug is, dat u HantamNet in kennis sal stel per geristreerde pos, by HantamNet, Posbus 430, Calvinia, 8190, Suid Afrika. U sal aanspreeklik gehou word vir enige misbruik of oorbrugging van u rekening waarvan HantamNet nie behoorlik in kennis gestel is nie. U stem in dat sou daar enige sekuriteit oorbruggings plaasgevind het met betrekking tot u rekening, dat HantamNet die reg het om die rekening op te hef hangende 'n ondersoek en die uitslag daarvan. U stem ook in dat HantamNet die reg het om saam te werk met enige regering en/of wettige ondersoek betreffende ons diens, insluitend die diens deur HantamNet verskaf aan u. Enige gebruik van ons sisteme en/of bedieners vir die doel van sagteware diewery of enige ander oortredinge van die wet sal tot gevolg hê dat die saak by die betrokke owerhede gerapporteer sal word, en u rekening sal onmiddelik opgeskort word.

9. RUGSTEUNING VAN DATA

U gebruik van HantamNet se dienste is op u eie risiko. HantamNet is nie verantwoordelik vir enige lêers en data wat op ons bedieners gestoor word nie. U stem in om volle verantwoordelikheid te aanvaar vir enige lêers en data gestoor op ons bedieners, en om 'n rugsteunkopie te onderhou van sodanige lêers en data, en om dit op datum te hou.

10. TRANSMISSIE VAN MATERIAAL

U stem in om nie ongevraagde of verbode advertensies of enige ander teisterende of onwettige materiaal deur elektroniese pos, Usenet pos, of enige ander internet media uit te stuur nie. Die gebruik van HantamNet of enige ander diens met verwysing na dienste verkry deur HantamNet vir die doel van massa pos van ongevraagde of verbode advertensies, of ander aktiwiteite wat gesien word as irriterend vir ander, in die handel bekend as "spamming", word streng verbied. Hierdie aktiwiteite mag veroorsaak dat u dienste sonder waarskuwing opgeskort word. U sal ook ten volle verantwoordelik gehou word vir enige skade deur u, HantamNet, of enige ander party gelei, as gevolg van sodanige optrede deur u.

11. BETALING

U stem in om betaling te maak vir die dienste ontvang van HantamNet, vooruitbetaalbaar vir die tydperk wat u van voorneme is om die diens te gebruik, met die minimum tydperk van een kalender maan. U stem in dat alle opstel fooie nie terugbetaalbaar is nie, sodra opstelling voltooi is. U stem in dat totdat u HantamNet in kennis stel dat u van voorneme is om nie meer van ons dienste gebruik te maak nie, sal u rekening gereeld gedebiteer word vir dienste soos oorspronklik ooreengekom is. HantamNet erken dat pro-rata terugbetalings vir ongebruikte periodes gedoen sal word slegs op aanvraag, en dan slegs as die rekening deur HantamNet gesluit word.

12. VOORAFGAANDE OOREENKOMSTE

Hierdie ooreenkoms vervang enige vorige geskrewe, elektroniese, of mondelinge ooreenkoms wat u ookal met HantamNet of enige agent of verteenwoordiger van HantamNet mag aangegaan het, en vorm die totale ooreenkoms tussen die partye.

13. SKEIBAARHEID

Indien enige gedeelte van hierdie ooreenkoms ongeldig of onafdwingbaar sou wees, sal alle ander voorwaardes in volle effek bly en daardie gedeelte sal slegs verander word sodat dit wel afdwingbaar is.

15. ERKENNING

Deur die plasing en onderhoud van informasie op HantamNet se bedieners erken u dat u alle terme en voorwaardes gelees het wat hiermee verband hou, en dat u dit verstaan, en inwillig om daardeur gebind te word.

Hierdie is ons standaard rekening diens kontrak. Dit is redelik standaard regstaal. Dit mag dalk bietjie kras klink op plekke, maar ons wil u verseker dat ons slegs die beste vir ons kliënte wil hê. Soos al ons voorwaardes, is die kontrak daarop gemik om maksimum effektiwiteit en kwaliteit vir al ons kliënte te verskaf.

Neem asseblief kennis dat die kontrak nie verander kan word sonder altwee partye se goedkeuring nie.

 

Interaktiewe Spraak (Chat) Programme

Interaktiewe internet programme, spesifiek die tipe wat algemeen bekend is as "chat", word nie toegelaat op HantamNet se bedieners nie. Vir die doel van hierdie dokument, 'n "chat" sisteem word gedefinieer as 'n webblad of gedeelte daarvan wat besoekers aanmoedig om boodskappe te laat wat onmiddelik beskikbaar is om gesien te word deur ander gebruikers, met die doel om in "regte-tyd" 'n gesprek te voer met besoekers van dieselfde webblad.

Die internet is oor die algemeen nie goed genoeg vir hierdie tipe program nie, en die impak op bedieners is enorm. Dit sal nie toegelaat word nie.

 

Volwasse-Gerigte Materiaal

Volwasse-gerigte materiaal, hetsy vir vermaak of vir kommersiële doel, word nie toegelaat op HantamNet se bedieners. Verbode materiaal sluit in pornografie - hetsy gratis al dan nie - ongeag of volwasse verifiëring gebruik word of nie.

Webblaaie gerig op opvoeding sal uitgesluit word slegs as vooraf ooreengekom met HantamNet.

Die frekwensie profiel van 'n volwasse ge-orïenteerde webblad is skreiend anders as die norm. Omdat daar onophoudelike hordes besoekers is, is dit omtrent onmoontlik om die bandwydte behoeftes te beheer sodat almal gelukkig gehou kan word. Die frekwensie van besoekers aan volwasse gerigte webblaaie en die bandwydte gebruik daardeur is ontsettend hoog, en die impak op bedieners is ontsettend hoog.

Ons bedieners en dienste is ingestel op algemene gebruik, en dit is van belang vir effektiwiteit en betroubaarheid om hierdie tipe blaaie te verbied. Dit is beter vir die oorgrote meerderheid van ons verbruikers.

 

Hulpmiddel Gebruik

Verbruikers mag nie, deur gebruik van cron, CGI, interaktiewe opdragte, of enige ander manier, enige van die volgende op ons bedieners initiëer;

  • Enige proses wat meer as 4Mb geheue spasie gebruik.
  • Enige proses of program wat meer as 30 CPU sekondes gebruik.
  • Gebruik find enige ander plek as hul eie leêrs en leêrgids.
  • Stuur van e-pos aan meer as twintig adresse in een bondel, hetsy agtermekaar of in parallel. Sulke bondels moet "slaap" vir ten minste 30 sekondes tussen elke afleweringspoging.
  • Stuur of ontvang deur e-pos enige leêr groter 1000Kb. Hierdie limiet, of 'n soortgelyke limiet, sal deur ons sagteware beheer word, en sal van tyd tot tyd hersien word.
  • U eie e-pos lys (mailing list) sagteware op die bediener gebruik.
  • Gebruik interaktiewe gesprek program.
  • 'n Banier-ruiling, buite toeganklike teller, of enige ander diens wat CGI, Perl of PHP prosesse van buite op ons bediener netwerk inisieer.
Uitsluitings word gewoonlik toegestaan in reaksie op geskrewe aansoek vir; Analog, Logresolve, en ander spesiale gevalle. Doen jou huiswerk vooraf sodat jy 'n goeie motivering met feite kan aanbied.

Meeste van hierdie beperkings is gebaseer op ons ander voorwaardes. Die beperkinge op e-pos bestaan as gevolg van die feit dat die internet bedieners nie vir pos bedoel is nie. Prosessering van groot getalle e-pos benadeel die internet bedieners. Ons het bedieners wat uitsluitlik vir e-pos opgestel is, en dit is slegs vir gebruik deur kliënte.

Indien ons vind dat u massa pos afleweringe doen, sal ons, of dit nou spam is al dan nie, u rekening opskort terwyl 'n ondersoek geloots word. As u so iets wil doen, gebruik asseblief 'n ander bediener wat vir die doel opgestel is. Moenie eens vra nie, die antwoord sal 'nee' wees.

 

Hulpmiddel Gebruik Deur CGI Tekste

CGI tekste en programme is onderhewig aan beperkinge soos uiteengesit deur hierdie dokument. Hierdie beperkinge mag deur die sisteem beheer word. Hierdie beperkinge is as volg;

  • Grootte van kern leêrs - kleiner as 150 Kb
  • CPU Tyd Gebruik - minder as 30 seconds
  • Data Grootte - kleiner as 1 Mb
  • Geskepte Leêr Grootte - kleiner as 1 Mb
  • Geslote Geheue - minder as 1 Mb
  • Getal Oop Leêrs - 20 of minder
  • Getal Gelyktydige Prosesse - 6 of minder
Detail van wat al hierdie beperkinge beteken kan verkry word in die setrlimit dokumentasie. (Hierdie is 'n buite skakel, en sal in 'n nuwe venster oopmaak)

CGI tekste mag slegs gebruik word deur verbruikers met die regte rekening tipes. Gevorderd sal gebruik hê van die System CGI, en Webmaster of hoër mag gebruik maak van eie CGI tekste. Geen verbruiker mag CGI tekste gebruik vir die bebruik deur eksterne blaaie of dienste. Dit sluit veral in alle variasies van "gratis web teller" dienste.

Hierdie beperkinge is onderhewig aan periodieke hersiening en verandering en sal gedoen word slegs volgens HantamNet se diskressie.

Die gebruik van limiete op die bedieners is bedoel om weghardloop-prosesse te keer op 'n bediener waaroor geen toesig is nie. Verder beteken prosesse met 'n groot geheue voetspoor of honger vir CPU verwagtinge dat uitruiling en ander vertragings plaasvind wat probleme veroorsaak vir elke webblad op die bediener.

Limiete sal in toom gehou word deur automatiese sisteem monitering.

 

Domein Registrasies

Met betrekking tot die onderhoud van domein name vir "virtual hosting" en "parkering", sal verskeie punte betrekking hê;

  1. Vir alle domeine sal die naambedieners gekies en goedgekeur word deur HantamNet, insluitend alle sekondêre naambedieners. Sekondêre naambedieners word nie met 'n derde party gedeel tensy met 'n spesiale vooraf reëling
  2. HantamNet behou die reg voor om te weier om gasheer te wees, te registreer of om domein name te ondersteun wat deur ons gevind word om aanstootlik en/of lasterlik te wees. Wat beskou sal word in hierdie geval aanstootlik en/of lasterlik te wees sal tot die diskressie van HantamNet wees.
  3. HantamNet probeer geensins om beheer uit te oefen oor verbruikers se domeins nie, en sal nie veranderinge aanbring aan administratiewe, rekeninge, organisasieof ander verwante rekords sonder die nodige toestemming behalwe in gevalle van 'n nood toestand of waar hierdie dokument verontagsaam word.
  4. Registrasie van enige domein na ons naambedieners sonder dat u van voorneme is om ons fooie te betaal of om die betrokke NIC se fooie te betaal nie, is streng verbode. Registrasie van veelvuldige domeins sonder die voorneme om daardie domeins te gebruik is streng verbode. Enige persoon wat bevind word dat hy/sy die "pakhuis" metode gebruik om domein name te vergader vir die doel van herverkoop of waar dit geskied sonder goeie voornemens, sal sodanige diens/te opgeskort word met ons diskressie. Verder sal ons die betrokke NIC kontak en hulle van die situasie in kennis stel.
  5. Die gebruik van 'n domein naam wat beskou kan word as aanstootlik, lasterlik, afbrekend of teenstrydig is met enige plaaslike, nasionale of internasionale wette en regulasies insluitend oortreding van itellektuele eiendom, kopiereg, handelsmerk, handelsgeheim, diewery en verwaterings wette word streng verbied. Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die eienaar van die domein naam om alle nodige stappe te neem om te verseker dat die betrokke domein naam nie enige ander party se regte skend nie.
  6. You agree to indemnify, defend and hold harmless HantamNet from any and all liability, penalties, losses, damages, costs, expenses, attorneys' fees, causes of action or claims caused by or resulting from your registration, acquisition or use of a domain name which damages either you, HantamNet or any other party or parties, without limitation or exception.
  7. Domein name wat geregistreer is met HantamNet as die Rekening Kontak en wat nie betaal word binne die tydperk soos bepaal op HantamNet se rekening, sal gederegistreer word, of op HantamNet se naam her-registreer word. Ieder geval sal die vorige eienaar gebruik van die domein naam verloor.

 

Ander Informasie

Ons is glad nie ten gunste daarvan dat enigiemand groot hoeveelhede domeins registreer met die doel om dit te verkoop nie. Sou u dit nodig vind om 'n paar domeins te registreer vir toekomstige gebruik is dit in orde. As u honderde domeins registreer net omdat dit 'n variasie op 'n tema is, of omdat u dink dat dit vir u in die toekoms geld in die sak mag bring deur herverkoop, moet u asseblief êrens anders gaan soek.

 

Cron Gebruik

Die gebruik van "cron jobs", wat prosesse is wat automaties loop op 'n sekere tyd in ooreenstemming met 'n "crontab" lêer, word NIE toegelaat op HantamNet se bedieners nie. Hierdie is nie onderhandelbaar nie.

 

Databasis Gebruik

MySQL en mSQL databasisse mag opgestel word en gebruik word deur gemagtigde rekening, onderhewig aan die volgende voorwaardes en beperkinge;

  • Elke kwalifiserende rekening word beperk tot 'n maksimum van drie (3) databasisse in totaal.
  • Geen databasis mag gebruik word as 'n trefteller of enige ander teller of vir enige informasie vergadering van die rou internet boekstawing van watter aard ookal nie.
  • Elke individuele databasis word beperk tot 'n maksimum van 4MB (megabytes) hardeskyf spasie. Ekstra hardeskyf spasie binne perke word toegelaat, en word u rekening aangepas met die nodige bedrag.
  • Web blaaie mag nie in enige databasis gestoor word nie, omdat dit onnodiglik ekstra CPU krag gebruik.
  • Databasisse mag slegs gebruik word deur HantamNet se gasheer rekeninge. Databasis toegang van buite ons bediener netwerk is verbode.
  • Databasisse mag nie gebruik word om binêre lêers te stoor nie, insluitend, maar nie beperk tot grafika en program lêers. Hierdie lêers moet binne die rekening struktuur gestoor word, en mag slegs verwys word daarna in die databasis.

HantamNet behou die reg voor om veranderinge aan te bring aan databasisse en databasis gebruik wat 'n negatiewe invloed het op 'n databasis bediener en/of ander databasisse op enige bediener. In uitsonderlike gevalle behou HantamNet die reg voor om enige databasis onaktief te stel as daar bevind word dat die databasis skade berokken aan enige bediener of as die bediener se dienslewering negatief beïnvloed word.

HantamNet behou die reg voor om databasis gebruik, voorwaardes en beperkings van tyd tot tyd te hersien en aan te pas.

Hierdie voorwaardes bestaan om die integriteit en werkverrigting van die bedieners te beskerm vir alle gebruikers.

 

SSI Prosesse

Die installasie van enige sogenaamde 'Server Side Includes' prosesse wat alleen staan word, met die uitluiting van Cron prosesse wat onderhewig is aan eie regulasie, verbied op HanatmNet se bedieners, behalwe met spesiale toestemming. Hierdie sluit spesifiek IRC bots en kliënte en enige ander herverwysingsprogramme. Gebruik van enige sodanige proses om netwerk konneksies te aanvaar, vir watter doel ookal, word ten sterkste verbied. Oortreding van hierdie reël sal onmiddelike rekening opskorting tot gevolg hê.

Die rede vir hierdie reël is:

  • Om die geheue en verwerker prosesse te beskerm op elke bediener.
  • Om netwerk en sisteem sekuriteit te verhoog en in stand te hou deur nie nie-goedgekeurde derde party programme toe te laat om konneksies te maak met die buite wêreld.
  • Om ons bewus te maak van sodainge programme deur te verwag dat spesiale teoestemming gevra moet word.

 

Sekuriteit en 'Cracking'

Gebruik van HantamNet se bedieners en/of dienste om enige bedrog, "cracking", kwaadwillige optrede of teistering word ten sterkste afgekeur. Inmenging met die normale gebruik van sisteme kontakbaar deur die internet is verbode. Instemming met die aanvaarbare gebruike van enige netwerk of sisteem waarmee u deur ons diens aan die internet koppel word van u verwag. Vervalsing van e-pos, Usenet pos, of enige ander boodskappe is verbode. Handeldryf in onwettige sagteware is verbode. "Port Scanning" of die gebruik van soortgelyke gereedskap is verbode.

Gebruik van hantamnet se dienste om informasie te publiseer of op enige ander manier versprei oor die beskikbaarheid van onwettige sagteware of ander materiaal wat onwettig beskikbaar gestel word, insluitend die publikasie van 'n lys skakels na sodanige materiaal, ten spyte van enige ontkenning of afstanddoening, word hiermee spesifiek verbied. Ons moedig geensins enige onwettige materiaal gebruik of handeling aan nie.

Wanneer 'n ongewenste aktiwiteit bespeur word, sal alle rekeninge van die betrokke verbruiker summier opgeskort word totdat enige ondersoeke wat mag volg afgehandel is. Geen kennisgewing oor die opskorting sal gegee word nie. In ekstreme gevalle mag 'n wetstoepassingsbeampte gekontak word in verband met die aktiwiteit.

Hierdie beleid verwag slegs van u dat u al u rekeninge verantwoordelikheid bestuur en gebruik. Inbraak op ander sisteme, poging to inbraak op HantamNet se sisteme, vervalsing van boodskappe, sagteware uitruiling, is almal onwettig en is onaanvaarbare praktyk vir mense waarmee ons verkies om te assosieer.

As gevolg van die potensiële wetlike en tegniese risikos wat hierdie aktiwiteite kan voortbring, skort ons eers die rekening op en vra later vrae. Dit is noodsaaklik om ons goeie naam en kliënte te beskerm.