HantamNet Diens Voorwaardes
 

English Version

CompuLab
News24
Join HantamNet

Gamefarmnet
Garden Route Estate
CCTV Direct
ClickOn
Compaq Security

Econo Fencing
ELSCON
Gridwatch
SA Web Portal
South African Sources

South Africa Net
Aardvark Search
Automated Logic
Computer Dust Busters
Help File

IBM South Africa
IT on Call
Kibo Computer Services
Alert Security
Group 4 Security

Diensvoorwaardes


Terme & Diensvoorwaardes Vir HantamNet

Aansluitend by hierdie dokument, lees asseblief ook ons Maatskappy Beleid.


  1. Alle bepalinge van Hantam Internet Content Provider ("HantamNet") Diensooreenkoms ("Ooreenkoms") is van toepassing op die verbruiker se Hoof rekening en alle ander rekeninge wat verband hou met die hoof rekening en die verbruiker.

  2. Die voordele en/of regte toegeken deur hierdie dokument aan die verbruiker is nie oordraagbaar nie. Gebruik van HantamNet se rekeninge is uitdruklik beperk tot die individu wie se naam op die Ooreenkoms verskyn asook lede van sy/haar onmiddelike huishouding wat by dieselfde adres woonagtig is.

  3. Verbruiker stem in om die diens te gebruik op 'n manier wat alle toepaslike wette in ag neem.

  4. Verbruiker stem in om die gedragskode van enige netwerk waaraan hy/sy mag koppel, te gehoorsaam.

  5. Indien die verbruiker jonger as 18 jaar is, moet die Ooreenkoms deur 'n ouer of voog onderteken word, wie dan verantwoordelikheid aanvaar vir enige en alle kostes aangegaan ten opsigte van die Verbruiker se rekening(e).

  6. Gebruik van HantamNet se dienste vir advertensie of promosie doeleindes van 'n kommersiële produk of diens sonder die uitdruklike, geskrewe toestemming van HantamNet se direkteur is verbode.

  7. Die Verbruiker is verantwoordelik vir al die verbruiker se rekeninge en geheimhouding van wagwoorde. HantamNet sal die rekening(e) opskort of toegang beperk sou dit bleik dat die verbruiker se wagwoorde en rekening(e) nie op verantwoordwelike manier in ooreenstemming met die dokument gebruik word nie.

  8. Verbruiker is verantwoordelik vir enige en alle plaaslike en lang-afstand oproep kostes aangegaan om by HantamNetin te skakel.

  9. Verbruiker sal vooruit betaal vir toegang tot HantamNet se dienste teen die huidige koers soos vasgestel en op die internet gepubliseer word van tyd tot tyd. Vasgestelde tariewe word in die Ooreenkoms ingesluit asof die gepubliseerde tariewe hierin uiteengesit is.

  10. Vooruitbetaling vir periodes van 6 maande en 1 jaar sal vasgestel word op die publiseerde tarief soos op die dag dat die ooreenkoms aangegaan is. Maandelikse verbruikers sal onderhewig wees aan tarief veranderinge soos hier gepubliseer van tyd tot tyd. Alle verbruikers sal ten minste 20 (twintig) kalender dae kennis kry voordat die prys verhoog sal word. Verbruikers wat in die 6 maande en 1 jaar kategorie val, se subskripsie sal outomaties henu word teen die einde van hulle termyn teen die vasgestelde tarief soos dit is op daardie stadium is .

  11. Terugbetalings sal slegs geskied vir eerste-keer kliënte indien daar gekanselleer word binne die eerste helfte van die eerste dertig dae van die kontrak.

  12. Uitgesluit uit enige terugbetalings is opstelkostes.

  13. Alle kansellasies en veranderinge moet skriftelik gedoen word. Kansellasies ontvang voor die 7de van die maand sal in effek wees vir die einde van die huidige rekening-siklus. Alle ander sal in effek wees vir die einde van die volgende rekening-siklus.

  14. HantamNet behou die reg voor om die verbruiker se rekening(e) op te skort sou daar tekens wees van wanbetaling of ander wangedrag in verband met die rekening(e).

  15. HantamNet se diens word op 'n "SOOS BENODIG, SOOS ONTVANG" basis verskaf. Geen waarborge, uitdruklik of geïmpliseerd, insluitend, maar nie beperk tot die van verhandelbaarheid of geskiktheid vir enige spesifieke doel, word deur HantamNet of enige van sy agente of verteenwoordigers gemaak nie. Hierdie sluit spesifiek in enige terugbetalings vir skadevergoeding of verlies aan inkomste as gevolg van onderbreking van diens deur Hantamnet of enige van sy diensverskaffers.

  16. Nie HantamNet of enige van sy verskaffers is verantwoordelik vir enige skade spruitend uit die verbruiker se onvermoë om HantamNet se dienste te gebruik.

  17. HantamNet eien die reg toe om sonder kennisgewing enige HantamNet diens, insluitend, maar nie beperk tot toegang prosedures, ure in werking, strukture, opdragte dokumentasieen dienste aangebied te verander.

  18. HantamNet is nie verantwoordelik vir die verbruiker se persoonlike lêers gestoor op HantamNet se bedieners nie. Die verbruiker is verantwoordelik vir onafhanklike rugsteun kopiëe van enige persoonlike data op HantamNet se bedieners.

  19. HantamNet eien die reg toe om enige informasie te vernietig wat op sy bedieners mag wees. HantamNet en sy verteenwoordigers sal die reg hê, maar sal nie verplig wees, om die verbruiker se lêers te vernietig nadat een of albei partye die Ooreenkoms ontbind het.

  20. HantamNet behou die reg voor om volgens eie diskresie enige informasie op sy bedieners tot niet te maak indien dit nodig mag blyk. HantamNet en/of sy teenwoordigers sal die reg hê, maar sal nie verplig wees, om lêers beskikbaar aan die algemene publiek te redigeer.

  21. Die verbruiker onderneem hiermee dat enige materiaal wat op HantamNet se bedieners gepubliseer word deur die verbruiker se rekening(e) nie teenstrydig is met of enige kopireg, handelsmerk, patent, statutêre algemene wette of enige eiendomsreg van ander oortree nie, en dat daar ook nie enige onwelvoeglike of lasterlike dinge deur hom gepubliseer sal word nie. Enige sodanige oortreding sal onmiddelike kansellasie van enige en alle rekeinge van die verbruiker tot gevolg hê.

  22. HantamNet, volgens eie diskresie, mag hierdie Ooreenkoms tersyde stel, kanselleer, diens opskort of diens beperk in geval waar enige oortreding van hierdie Ooreenkoms plaasvind, insluitend, maar nie beperk tot weiering of wanbetaling vir dienste ontvang.

  23. HantamNet behou die reg voor om enige diens vir enige rekening op te skort waar die rekening onaktief is vir ses (6) maande of langer.

  24. Gebruik van 'n verspreidingslys vir e-pos of enige ander vorm van massa elektroniese pos is verbode en mag slegs gebruik word met geldige, geskrewe toestemming van HantamNet.

  25. Hierdie Ooreenkoms sal onderhewig wees aan die wette van die Republiek van Suid Afrika.

  26. HantamNet may modify these terms and conditions upon notice published Online via HantamNet. User's use of HantamNet, after such notice shall constitute User's acceptance of the modification to this agreement.

  27. Nie-uitoefening van hierdie Ooreenkoms of enige gedeelte daarvan beteken nie dat enige verkeerde aksie aanvaar word nie, en HantamNet behou die reg voor om op enige stadium hierdie Ooreenkoms af te dwing.

  28. Sou enige gedeelte van hierdie Ooreenkoms nie gehandhaaf kan word nie, of ongeldig is, sal die verbruiker en HantamNet se ooreenkoms op al die ander paragrawe wel van krag bly.